Welkom by die webtuiste van die Kwenafees.
Kwenafees Oktober 2011

KWENAFEES

28 & 29 Oktober 2011


Besoek ons gerus ook by Facebook

ROELIEN NORTHCOTE

STEELBURGER / LYDENBURG NUUS - VRYDAG 9 JULIE, 2010

2010/07/15 - Lydenburg

STEELBURGER / LYDENBURG NUUS – VRYDAG 9 JULIE, 2010

‘n Splinternuwe terrein vir dié jaarlikse fees

LYDENBURG - Kwenafees verhuis na ‘n nuwe perseel net buite Lydenburg op die Ohrigstad-pad.

Volgens die feesorganiseerders, mnr. Jack Wuestenenk en me. Roelien Northcote, is hulle genoodsaak om ‘n ander perseel te vind nadat die Rooikat-rugbyklub besluit het dat hulle terrein nie meer vi rdie fees geskik is nie.

“Ons het intensiewe navorsing gedoen en vele opsies oorweeg. Mnr. Steve Schoeman, ‘n bekende boer in die omgewing het sy hand uitgereik en sommer by die eerste ontmoeting het hy ons ‘n aanbod gemaak wat ons nie kon weier nie,” sê Northcote.

“Hy het ‘n gedeelte van sy plaas Vrekgewerk aangebied waar die fees in die toekoms gehuisves kan word. Die gedeelte is dadelik besoek en is uiters geskik gevind om die fees te akkommodeer. Ons het dadelik begin met die beplanning en opmetings.”

Volgens Northcote is ‘n plaaslike tekenaar aangestel om die nodige geboue vir ‘n permanente feesterrein te ontwerp. Wuestenenk sê dis vanselfsprekend dat daar heelwat konstruksiewerk by so projek betrokke is. “Ons wil graag besighede uitnooi om te help waar hulle kan. Ons het hulp nodig met masjienerie wat kan help met die grondwerke en boumeteriaal. Bogskappe en skenkings sal ook hoop op prys gestel word.

“weens die Fifa 2010 Wêreldbeker was die fees verplig om in Maart vanjaar plaas te vind maar dit sal volgende jaar weer in Oktober aangebied word by die Steve Schoeman Feesterrein.”

Die terrein is 7,5km van Lydenburg op die Ohrigstad-pad geleë en is maklik bereikbaar. Daar is voldoende parkering en die nodige fasiliteite sal ook oor die volgende 16 maande aangebring word.

“2011 beloof om weer eens ‘n suksesvolle fees te wees en ons sien uit na die gemeenskap se ondersteuning.”

Roelien Vorster /0132351624


Google
World Wide Web www.kwenafees.co.za